|
Photo's Album Cover by:

(Enrico) BiBi Schoeman
Tel: 083 268 4275
1.
Dis net jy.
Dis ‘n love song
vir iemand spesiaal. Ek onthou toe een van my ou asters uit my jong dae
wat my knieë met haar pragtige oë lam gehad het. Met net ‘n kyk sou sy my
oorreed het om bykans enigiets te doen, Nou ja, ek het boonop ‘n pragtige
vrou - en siedaar: daar’s my baken en my song.
This is a love
song for someone special and that special person always just has to look
at you in a certain way and your legs become jelly.
2.
Ou liefde.
Ek moes net die
liedjie deur Wouter van de Venter opneem: oulik en gepas in dié
liefdesgleuf.
I had to record
Wouter van de Venter song. This is a great song describing old love that
never dies.
3.
Quando,
quando (Wanneer, wanneer).
Dit was ‘n lekker
uitdaging om ‘n liedjie wat oorspronklik in Italiaans geskryf is in
sinvolle Afrikaans te verwerk. Dis boonop ook ‘n bevange lekker liedjie om
te sing. Ek is immers ook ‘n aanhanger van Engelbert Humperdinck. Andries
Botha se verwerking hiervan is dansrég.
This was an
exciting challenge to take an original Italian song and give it the
Afrikaans dance touch. This is such a great song to sing and I have
always been a Engelbert Humperdinck fan.
4.
Dans in die
reën.
Dis ‘n minder
bekende liedjie (Dancing in the rain) van Rick Astley en ek moes bloot
Afrikaanse woorde daarvoor skryf toe ek dit die eerste keer hoor. Dit
dans lekker en Andries Botha se Spaanse kitaarwerk hierop is briljant.
This unknown song
by Rick Astley, just caught my ear and I just had to record it, my way.
This is a great dance number.
5.
Kliphard.
Dié liedjie – deur
Rudi Grobbelaar - is ‘n absolute vonds! Ons was reeds klaar met die album
toe die liedjie vorendag gekom het, maar ek het net een keer daarna
geluister en geweet ek moet dit opneem. Dit ruk jou hart uit jou borskas
uit!
The album was
finished when we discovered this song written by Rudi Grobbelaar and knew
straight away that we had to record it.
6.
Siener van
Rensburg.
Dié storie moes
lankal vertel word. Dit was ook ‘n gulde geleentheid om voorraad te neem
van ons ou volkie. Het ons nie al te ver afgedwaal van dit wat ons so
goed gehelp deur ons bestaan nie: Die Woord, ons beloftes, naasteliefde…
Dit kan geensins kwaad doen om terug te keer na goeie beginsels nie.
This story should
have been told a long time ago, we sometimes need to be reminded of our
principals and where we came from.
7.
Benoni.
My dorp is hierdie
jaar 100 jaar oud. Die plek het so ’n ryk geskiedenis, omring deur damme
en nog so paar mynhope. Ek is ook onlangs deur my dorp vereer en is nou
‘n ere inwoner hier. Ek het dié liedjie vir Benoni geskryf en ek dra dit
op aan ‘n kinderhuis. Ek sal al die tantieme van die liedjie terugploeg
in die gemeenskap. In die verwerking het ons probeer om die
kultuurverskeidenheid van die gemeenskap eerlik met gepaste ritmes en
klanke weer te gee.
My town is 100
years old this year, and a lot of history surrounds this City of lakes. I
decided to write a song about Benoni, and while recording this song I
received a “Citation of Honour” award from Benoni and on the evening of
the awards I donated the song writers royalties to the “Benoni Centenial
Place of Hope” which is a place of safety for the children of Benoni.
8.
This place
called
Africa.
Almal hardloop weg,
maar dit bly een van die mooiste plekke op die planeet. Dié is ‘n oproep
om kwellinge te bowe te kom sodat ons almal in harmonie hier kan saamleef.
In die verwerking word die kontinent deur middel van klanke, stemme en
ritmes voorgestel. Die boodskap is bloot: wees net geduldig met ons. Ons
sal dit wel regkry.
A lot of people
leave our beautiful country to go to greener pastures and forget that we
have the most beautiful country in the world. Our message is a call to
everyone to live in peace and harmony together and to build one nation.
9 & 10.
I am
I said en
Holly holy.
Ek is ‘n sucker
vir ‘n Neil Diamond-liedjie, veral dié twee. Ek word ook altyd op my
vertonings gevra om dit te sing. Die verwerkings is uit die boonste rakke.
I am a big fan of
Neil Diamond and I love singing his songs at my concerts.
11 .
Les
Bicyclettes de Belsize.
Een van my
boyhood fantasies, Boonop het Kurt Darren al vyf jaar gelede versoek
ek moet dit opneem, maar ek moes maar wag vir die regte geleentheid. En
hier is my weergawe van dié Engelbert Humperdinck-liedjie nou – met ‘n
nostalgiese sestigerjare gevoel.
One of my
childhood fantacies was to sing and record this song. Kurt Darren asked
me about five years ago to sing this song, but I had to wait for the right
time and album to do so. Here is my version of the song with a 60’s
feel.
12. I
’ll
never fall in love again.
Nog ‘n boyhood
fantasy, Ek is ook ‘n groot fan van Tom Jones. Ek moes baie
hard oefen om die liedjie te kon bemeester - wel op my manier. Ek weet nie
of Sir Tom sal approve nie, maar ja, dit is vir my net een van daai
ongelooflike goeie liedjies wat ek moes opneem en hopelik nog ‘n bietjie
langer sal laat lewe.
Another boyhood
dream was to record this Tom Jones classic. I have worked for many years
to master this song.
13.
Sweet
Caroline.
Ek word altyd gevra
om dit by vertonings te sing en dan is mense nogal vies as ek dit nie op
CD het nie. Dit is spesiaal vir hulle.
I always get asked
to sing this song at my shows and now have recorded it.
14.
Pop a Top.
Ek is versot op
countrymusiek en dit sal altyd deel wees van repetoire - op CD én by my
optredes, Dié is ‘n uitstekende liedjie in die countrygenre.
Loving country
music the way I do and making country music a part of my repertoir.
15.
Ghost
Riders.
Dié treffer van
Johnnie Cash is een van daardie pragliedjies met ‘n countryritme en
gospel-ondertoon – met ‘n mooi, opheffende boodskap.
One of Johnnie
Cash’s hits has plenty of country rhythm with an undertone of gospel.
16.
Frederik
Valk.
Dit is ‘n tribute-album
en aangesien die Valke in my buurdorp is en ek dus in daai streek val,
moet ek mos nou vir dié manne skreeu. Toe besluit ons om ‘n liedjie te
skryf en ons support te wys. Nou’t ons ons kant gebring!
Seeing this is a
tribute album and having the Valke rugby team on my doorstep, meant I had
to shout for them and the cherry on the cake was to to write a song in
support of them. Now we’ve done our part.
17.
Ver in die ou Kalahari.
Dié volksliedjie het ek en ‘n afgestorwe vriend van
my, Pieter Wolmerans, oorspronklik verwerk as ‘n grap: ‘n soort Elvis in
Boksburg vibe. Die mense het daarvan gehou en dis hoekom ons
besluit het om dit op te neem - so na as moontlik soos ek en Piet dit
gedoen het… net met meer attitude.
One of our folk
songs which my late friend Pieter Wolmarans and I arranged one day as a
fun song with a kind of Elvis in Boksburg feel. The folks loved it so
much that we decided to put it on this album.
|