|
JJ Stephens se kinderdroom was om eendag ‘n plaat te maak en dit oor die
radio te hoor. Hy het
hom oor twee dekades gevestig as ‘n veelsydige kunstenaar: vaardig in
uiteenlopende genres. “Dié is my beste werk nóg,” sê JJ trots. “Ek is
geseënd om die meesterlike musikant Andries Botha as mede-regisseur te kon
hê. Die eindproduk getuig van uitstekende gehalte. Die 17 liedjies is met
sorg gekies en verteenwoordig die musiek wat ek by my konserte doen en wat
die gehoor aanvra en geniet.”
JJ Stephens se
tweetalige album Dis Net Jy & Ander Tributes is ‘n
genotvolle luisteralbum, musikaal ryk en vokaal ryp: propvol ritmevreugdes,
nostalgiese juwele, tydlose treffers en pragnuutskeppinge – gepoets met
deernis en omgee. Dit bevat twee van die belangrikste liedjies in
Afrikaans vanjaar: Kliphard en Siener van Rensburg.
In Engels bied JJ ‘n meevoerende hoopliedjie, This place called
Africa.
Daar is treffers van Tom Jones, Engelbert Humperdinck en Neil
Diamond en die tradisionle Ver in die ou Kalahari kry ‘n
byderwetse poetsing. Geniet JJ Stephens op sy beste!
JJ, ’n
boorling van Benoni – nou nog geliefd bekend as die Boy van Benoni - het
van kleins af gesing, gejodel en perform. Ná skool het hy hom egter
in die ingenieursbedryf gevestig en toe, as ‘n aantreklike jong man, het
hy hom by ‘n amateur-teatergroep aangesluit - én selfs loopplankmodelwerk
gedoen.
Nou nog hou sy modelvoorkoms gesond.
JJ
Stephens het hom gevestig as ‘n tydlose vertolker van musiek wat aangryp,
ontroer en immergroen bekoring behou.
JJ is gewoond aan prestasies. Hy
het al die eerste plek op verskeie treffersparades beklee. Die liedjie
Jy Is Die Rots het Steve Hofmeyr se Pampoen van Overvaal Stereo
se treffersparade geskop en het tien weke lank in die nommer een posisie
gepronk.
2005 was inderdaad sy jaar. Nie
net het sy album Jy Is Die Rots hom ‘n VONK-tydskriftoekenning
besorg nie; dié titellied het ook internasionale erkenning gekry.
Met sy ryk laerregister vokaliteit verleen
JJ eiesoortigheid aan sy interpretasie van bekende trefferparadeknakkers –
met uitklopvertolkings.
In
die afdeling Beste Solokunstenaar is JJ derde deur die beoordelaars van
die VONK-tydskriftoekennings geplaas. Steve Hofmeyr was tweede en Dozi
eerste.
JJ is ‘n
bedrywige mens. Naas optredes, hanteer hy musiekresensies, hy is ook ‘n
vryskut omroeper. JJ is ook ‘n bedrywige liedjieskrywer en het al ‘n
talle daarvan op CD verewig.
Tussen dié
praggoed is sy luisterliedjie ‘n Stadskind Se Sprokiesverhaal en
die tydlose juweel Jy Weet - ‘n verwerking van Paul de Senneville
en Olivier Toussaint se bekende Ballade For Adeline, wat met die
klavierspeler Richard Clayderman se vertolking ‘n wêreldwye treffer geword
het.
Dit was
egter sy liedjie In Memory Of – geskryf ná die 9/11-ramp wat hom
ook internasionale bekendstelling besorg het. Dié liedjie is op 24
radiostasies wêreldwyd gespeel.
Sy
talent is wéér in die buiteland gehoor en waardeer, boonop in Afrikaans –
met Jy Is Die Rots
– ‘n luisterryke, uitbundige viering van die
liefde. Dié liedjie is van uit 91 deelnemers as die 30ste beste liedjie
ter wêreld aangewys.
JJ deel ook in die goue glans van
heelparty saamgestelde albums met heelbo die album Ons Sal Julle
Nooit Vergeet Nie waarop sy nuutskepping The Day The Roses Died
– ‘n huldelbyk aan Bles Bridges – ingesluit is. Dié album het vyf keer
goue status (twee keer platinum en toe weer goud) bereik – met verkope van
oor die 130 000 CD’s.
JJ het
sy skoolgeld betaal
Op sy skittergospelalbum Glo Vas (Redneck Musiek) 18 snitte
met ‘n aantal oorspronklike gospelliedjies uit sy pen het JJ Stephens spatsels stewige blues,
jazz, country, pop en rock-‘n-roll verweef en hom gevestig as voorste
vertolker van dié genres in gospelkonteks. Die beoordelaars – ‘n span
musiek-akademici – het saamgestem en JJ is bekroon met die eerste ATM (Afrikaanse
Musiektoekennings) vir dié album: gospelbriljantheid en dus Afrikaanse
Gospelalbum, beste manlik, van die Jaar. Met oorrompelende orkestrasie en
bekoorlike vokale vaardigheid is die album gestempel met kunstenaarskap en
opregte, eerlike meelewendheid..
Nou bring
hy hulde op sy splinternuwe album Dis Net Jy & Ander Tributes.
|